Slaan oor na inhoud

Die wonder van stamselterapie

Na ouderdom 60 is die stamselle in ons liggame uitgeput

Stamselle is die fondasie van goeie gesondheid. Uitgeputte stamselle beteken dat ons liggame weerloos is teen allerlei aanslae weens lae immuniteit en swak herstelvermoë.

Hierdie foto van ‘n vergroeisel op my hand is op 18 Oktober 2023 geneem. Dit was ‘n maand nadat ek met Lifewave stamselterapie begin het toe ek vir die eerste keer besef dat die vergroeisel kleiner word. Toe die foto geneem is was die vergroeisel dus reeds kleiner as toe ek ‘n maand tevore met die behandeling begin het.

Hierdie tweede foto is twee maande later op 21 Desember 2023 met dieselfde kamera geneem. Ons het probeer om hom onder dieselfde lig en toestande as die eerste een te neem.

Voor die tyd het die groeisel oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar geleidelik groter geword en behandeling weerstaan. My dokter het aanbeveel dat ek hom sjirurgies moet laat verwyder.

Eers toe ek die tweede foto geneem het en die twee kon vergelyk, het ek besef watse verskil ingetree het. Die vergroeisel was nie net merkbaar kleiner nie, hy was ook baie minder sensitief.

Let op die verskil, nie net in die grootte van die groeisel nie, maar ook in veltekstuur. Die bleek vel het kleur gekry. Selfs die vlekke langsaan in die vel lyk al heelwat minder opvallend. Nou wonder ek, as die sigbare verskil op die oppervlak binne so ‘n kort tyd so groot is, wat is besig om binne-in my liggaam te gebeur? Op tagtigjarige ouderdom is dit merkwaardig. Ek voel ook goed, so asof iets vernuwend aan’t gebeur is.

Die terapie is baie maklik. ‘n Ronde plakkertjie word elke dag op ‘n onopsigtelike plek op jou liggaam geplaas en na 12 ure verwyder. Dit is al!

Dit werk so: die vel straal infrarooi uit. Plakkers wat organiese nanokristalle bevat verander die golflengte van die lig en energie wat die liggaam uitstraal. Dit keer na die liggaam terug waar dit stamselle kan laat herleef en sodoende immuniteit en genesing kan bevorder, verjonging kan stimuleer en siekte kan teenwerk. Sigbare uiterlike verskynsels van grys hare wat weer swart uitgroei, velvlekke en plooie wat verdwyn en wonde wat vinnig genees getuig van wat ook binne in jou liggaam kan gebeur: jy word van binne af jonger.

Degeneratiewe toestande soos dementia word toenemend ‘n probleem, maar opgekikkerde stamselle kan breinfunksie verbeter en toestande omkeer.

Getuigskrifte stroom in, bv. ‘n vrou vergeet sy het nie meer ‘n kar of tjekboek nie. Na etlike weke van LifeWave behandeling onthou sy van haar kar en tjekboek. Spierspasmas en pyn verdwyn soms binne sekondes.

Kyk gerus hierna: https://thisisitinfo.com/

Vra vir die gratis gereedskapkas – “Toolbox” – wat ‘n magdom van nuttige inligting bevat.

Koerieraflewering is wêreldwyd na meer as 80 lande beskikbaar.

Kontak my via die “Kommentaar” fasiliteit hieronder vir meer inligting en bestellings. Maak asb seker dat jy jou telefoonnommer en/of e-posadres verskaf.

Dokters kan niks genees nie

Dit het nog nooit in die geskiedenis van die wêreld gebeur dat ‘n dokter enigiemand van enigiets genees het nie. Die immuniteitsisteem van die mens genees; dit is al wat kan genees.

          – vry vertaal uit ‘n aanhaling deur Bob Wright, stigter van die VSA Antikankerinstituut